Friday, May 23, 2008

Book of the Month June 2008

Die voëlgids van Suider-Afrika / Ulrich Oberprieler, Burger Cillié

Hierdie voëlgids het die volgende unieke kenmerke:
'n Gebruikersvriendelike stelsel met kleurkodes en kruisverwysings om vinnig by die regte voël in die boek uit te kom.
Meer as 1 200 uitstekende kleurfoto's van 809 voëls wat die verskillende kleuvorms illustreer: mannetjie, wyfie, jonge, broeidrag en ander variasies.
Simbole wat die voël se voorkeur, habitat, kos, sosialiteit en nes-tipe uitbeeld.
Verspreidingskaarte wat die voorkomsdigtheid en migrasiepatrone aandui.
'n Stelsel wat al die voëls op uiterlike kenmerke en gedrag in 12 logiese groepe met kleurkodes indeel.
Volledige teks wat klem lë op identifikasie en gedrag, en ook bruikbare inligting verskaf oor voëlfamilies en kleiner groepe.

Iets oor die outeurs:
Ulrich Oberprieler
het drie ander voëlboeke saam met Burger geskryf. Hy is tans Bestuurder: Opvoeding van die Nasionale Dieretuin in Pretoria. Hy is 'n entoesiastiese natuurlewefotograaf en baie bekend vir die uitstekende kursusse wat hy aanbied oor soogdiere, voëls en die omgewing

Burger Cillé is 'n bekende natuurlewefotograaf en skrywer van twee veldgidse oor soogdiere van Suider-Afrika. Hy en Ulrich is ook medeskrywers van twee park-eie veldgidse en drie ander veldgidse oor die voëls van Suider-Afrika.

Bron: Die voëlgids van Suider-Afrika / Ulrich Oberprieler , Burger Cillé

1 comment:

Anonymous said...

Ongelooflike goeie voël-identifiserings boek! Die beskrywings is so akuraat! Word vir alle voëlkykers asook nuweling aanbeveel!