Friday, July 27, 2012

Book of the Month August 2012

Kruidjie roer my : die antieke helingskuns van die Karoo-veld. /Antoinette Pienaaar.

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en akrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willems, legendariese Griekwa-heler, sĂȘ hy: "Hier kom Juffrou nou eers aan".

Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is..

Na sewe jaar se vakleerlingskap volg hierdie boek oor wat Karoo-kruie vir jou kan doen. Hoe dit jou kan roer - want in oom Johannes se benadering kort nie net jou liggaam heling nie, jou gees word saam gedokter.

In Kruijdie roer my hoor 'n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek Vrydagmiddae op RSG dit ken : vol begrip en deernis, altyd met 'n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid.

'n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met 'n weelde aan foto's, stories, raad en indekse is dit 'n familieboek vir blaai, lees en naslaan.

Bron :  Pienaar , Antoinette , Kruidjie roer my : die antieke helingskuns van die Karoo-veld , 2008,:Umuzi, Roggebaai