Monday, October 29, 2007

Book of the Month November 2007



Fritz Eloff 'n Man tussen die leeus 'n leeu tussen die manne - n Biografie deur Jan Roderigues.

Fritz Eloff - Die legende leef voort.

Lede van die Internasionale Rugbyraad, selfs 'n uitgesproke en wêreldbekende All Black-slot soos Andy Haden, asook die Suid-Afrikaanse pers het professor Fritz Eloff die hoogste lof toegeswaai vir sy vermoë om die administrasie van rugby na hulle penne laat gryp en kort voor lank het die wêreld geweet: As rugby ooit 'n heer van die hoogste orde opgelewer het dan was dit Fritz Eloff; die man wat hulle as dié sport se grootste jintelman beskryf het.

Maar rugby het glad nie die prof se lewe oorheers nie; daarvoor was sy liefde vir die natuur heeltemal te groot. Sy veeertig jaar lange navorsing op die Kalaharileeu was 'n openbaring; sy belangstelling in die wel en wee van die Boesmans laat 'n mens met nuwe oë na hierdie nomadiese en dodelike jagtertjies van die rooiduine kyk, terwyl sy studie van die Namib-olifante 'n nuwe wêreld vir die dierkundiges laat oopgaan het.

Vir toekomstige geslagte gaan die prof se lewensverhaal nie bloot net 'n naslaanwerk wees nie, maar ook dien as inspirasie vir diegene, wat soos hy, arbeidsaamheid, toegewydheid en lojaliteit baie hoog aanslaan.

Bron: Fritz Eloff 'n Man tussen die leeus - 'n leeu tussen die manne. 'n Biografie deur Jan Roderigues 2006