Thursday, April 29, 2010

Book of the Month May 2010



Roofvoëls - 'n identifiseringsgids vir Suider-Afrika

Die adellike, indrukwekkende en soms wrede voorkoms van roofvoëls dwing nie net die meeste mense se bewondering af nie, maar maak hulle ook die gesogste groep onder voëlgeesdriftiges. Ongelukkig kan dit egter baie moeilik wees om roofvoëls te identifiseer. Die feit dat kleurvariasies binne 'n spesie voorkom, en jong en volwasse voëls baie verskil, maak dat mens hulle nie bloot volgens kleur reg kan identifiseer nie.
Ongelukkig kan dit egter baie moeilik wees om roofvoëls te identifiser. Die feit dat kleurvariasies binne 'n spesie voorkom, en jong en volwasse voëls baie verskil, maak dat mens hulle nie bloot volgens kleur reg kan identifiseer nie.
Jare se ervaring in identifiseringstegnieke het aan die skrywers bewys dat die maklikste manier om 'n roofvoëel te identifiseer, is om eers die groep waartoe die voël behoort, te bepaal. Sodra 'n sekere roofvoël in een van die 11 roofvoëlgroepe geplaas kan word, kan hy in 'n japtrap van ander roofvoëls onderskei word.
In 'n unieke afdeling in dié boek word spesies wat met mekaar verwar kan word, vergelyk en die verskille uitgewys.
Roofvoëls - 'n identifiseringsgids vir Suider-Afrika het 'n uitsonderlik gebruikersvriendelike stelsel van kleurkodes en kruisverwysings wat die gebruiker in staat stel om vinnig by die verlangde plek in die boek uit te kom. Die 12 bladsye vol vliegpatrone maak dit ook moontlik om roofvoëls in vlug met mekaar te vergelyk.
Die skrywers:
Ulrich Oberprieler is die afgelope 20 jaar al by omgewingsopvoeding betrokke en het veral bekend geword vir die uitstekende kursusse oor natuurverwante onderwerpe wat hy aanbied. Hy is 'n geesdriftige natuurlewefotograaf, en in hierdie stadium adjunkdirekteur van die Nasionale Dieretuin in Pretoria. Hy en Burger Cillié is ook die skrywers van die Sakgids tot Suider-Afrikaanse Voëls en Suider-Afrikaanse Tuinvoëls

Burger Cillié se liefde vir die natuur en natuurlewefotografie het hom aangespoor om 'n aantal diere- en voëlgidsboeke die lig te laat sien. Benewens die voëlboeke wat hy saam met Ulrich Oberprieler geskryf het, is hy ook die outeur van 'n Veldgids tot die Soogdiere van Suider-Afrika, Sakgids tot Suider-Afrikaanse soogdiere en Die Soogdiergids van Suider-Afrika
Bron: Roofvoëls - 'n identifiseringsgids vir Suider Afrika / Ulrich Oberprieler and Burger Cillié