Sunday, November 28, 2010

Book of the Month December 2010


Evita se kossie sikelela / Evita Bezuidenhout

As die pad na versoening deur 'n land se maag loop, is Evita se boek die resep vir vrede. Die hele land - en die wye wêreled - word na haar tafel genooi waar almal saam kan smul aan geregte soos soet-en-suur pêreluitjies, aspersiekombersies, groenboontjiebredie en komynhoender met soetpatats. Wie kan skel en baklei met 'n mond vol okkerneutbolletjies of pampoenkoekies of gebakte appelnarre? Liewe aarde, na 'n rojale porsie rooiwynkonyn of tarentaal met sultanas en hanepoot kan daar net broederskap volg. Maar Tannie het aan alles gedink, want daar is ook respete vir diabete en vegetariërs, kosjer en halaal-resepte, en selfs resepte vir so 'n fietse lyf soos hare. Vir kleingoed, pieknieks, of Krismis - saam met Eviata is kokery towery vir lekkerkry.
"Om te eet, om lief te hê, om te sing en te verteer - dit is in der waarheid die vier bedrywighede waarmee ons mense ons bemoei in hierdie Opera Bouffe wat ons die lewe noem ... en wat so vlugtig is soos die borreltjies in 'n bottel sjampanje" - Rossini
Bron: Evita se kossie sikelela / Evita Bezuidenhout