Friday, August 22, 2008

Book of the Month September 2008

Tukkies oorskou sy eerste honderd jaar 1908-2008 / Flip van der Watt

In Tukkies Oorskou sy Eerste Honderd Jaar het prof. Flip van der Watt, kerk- en kultuurhistorikus van formaat, deur middel van kort, tematiese essays verskillende fasette van die ontstaan, wasdom en prestasies van die Universiteit van Pretoria meesterlik toegelig. Dit is geen dorre, volledig kronologiese geskiedenis van Tukkies nie, maar die outeur het nietemin daarin geslaag om 'n magdom inligting aangaande die Universiteit in 'n maklike verteerbare vorm deur middel van flitsbeeldkameë in 'n vloeiende en onderhoudende skryfstyl byeen te bring. Die outeur het nie daarvan teruggedeins om omstrede en sensitiewe onderwerpe, soos byvoorbeeld die taalkwessie, aan te sny en met 'n groot mate van objektiwiteit te skets nie. Die talle, deeglik geselekteerde illustrasies sluit uitmuntend by Van der Watt se teks aan en het daartoe bygedra dat hierdie publikasie 'n keurige en waardige eeufeesbundel is.

Bron: Tukkies oorskou sy eerste honderd jaar 1908-2008 / Flip van der Watt
Prof Cobus Ferreira
Stigtingsdirekteur van UP Argief.