Tuesday, March 30, 2010

Book of the Month April 2010



Koekemakranka: Khoi-Khoin-kultuurgoed en kom-kuier-kos

Die geskiedenis van 'n groep mense se eetgewoontes oor eeue heen word ook uiteindelik hul kultuurgeskiedenis. In dié eeue oue verhaal van die Khoi-Khoin se kos, word ook die verhaal vertel van hule kultuur en leefwyse van toe tot nou. Van hul musiek en die ramkie met net een snaar. Van hul kleredrag, hul eetgerei en woonplekke, met selfs 'n beskrywing van hoe matjieshuise gemaak is.
Talle vertellings regstreeks uit die mond van 'n paar Khoi-Khoin wat nog onthou hoe dinge nog 'n paar dekades gelede gedoen is - en dalk plek-plek nog gedoen word - omskep hierdie in 'n besondere leeservaring
Vir die bewaringsbewustes is daar volop raad vir die aanlê van 'n eie veldkostuin en 'n tydige waarskuwing oor plante wat aan die uitsterf is en liewer met rus gelaat moet word. En om seker te maak dat die Khoi-Khoin se kom-kuier-kos op almal se tafels kan voortleef, word 'n verskeidenheid resepte ingesluit
Renata Coetzee is 'n navorser van formaat. Sy het onlangs 'n eredoktorsgraad ontvang van die Noordwes Universiteit vir haar dekades lange navorsing oor die eetkulture van die inheemse mense van Suid-Afrika. Deur mekaar se eetkultuur te leer ken, leer ons ook mekaar ken. Boeke wat uit haar navorsing gespruit het is onder meer Funa food from Africa - Roots of African food culture en Spys en drank - die oorsprong van die Afrikaanse eetkultuur
Bron: Koekemakaranka: Khoi-Khoin kultuurgoed en kom-kuier-kos/ Renata Coetzee en Volker Miros