Sunday, June 2, 2013

Book of the Month June 2013



Hierdie boek is die resultaat van 'n behoefte om hulde te bring aan die Boesmans van die Kalahari asook, om stories uit my bewaringslewe oor te vertel aan vriende en families. Dit gee die boek 'n styl van "bedstories met slapenstyd" wat ek vir my kinders sou vertel het wanneer ek van die veld af teruggekom het.. As navorser moes ek ook die unieke wetenskaplike geheime wat in die Kalahari opgesluit is , probeer ontrafel. Verder moet ek aan die leser verduidelik onder watter uniek toestande die Boesmans aan die suidpunt van Afrika oorleef het. Die faktore wat bygedra het dat ek die voorreg gehad het om in die Kalahari navorsing te kon doen kan byvoorbeeld nie verduidelik word sonder die geskiedkundige agtergrond van die gebied nie.

Ek moes gevolglik 'n keuse uitoefen in watter styl die boek geskryf word? Ek het die goue middeweg gekies om die wetenskap as doek te gebruik waarop ek my stories kon skets. Ek het sover moontlik die omgewing waarin die Boesmans in harmonie geleef het probeer skets. Die lywige lyste van dier- en plantsoorte agter in die boek sal voornemende besoekers aan die Kalahari in staat stel om goed voorbereid te wees wanneer hulle die gebied besoek. Ek deel my wedervaringe en heimweĆ« as 'n "baie lang kampvuurstorie" met jou uit my wetenskaplike pen.

Lekker lees.
Fritz Eloff
April 2012

Bron : Eloff, Fritz (in samewerking met Kobus du Toit), 2012 : Kinders van die duine : die lewe en omgewing van die Kalahari Boesman van weleer , Kejafa, Krugersdorp.