Tuesday, September 28, 2010

Book of the Month October 2010


Waar vye nog soet is : van die werf na die spens en die tafel / Emilia le Roux & Francois Smuts

Doornkraal is die plaas se naam, net duskant De Rust. Dis waar Swepie en Ann le Roux al jare lank boer. Dis waar hule kinders geleer het om van die werf te leef, al sewe van hulle. Alles op Doornkraal se eettafel kom van die plaas af. Die gerookte sonneblomsade, die botter, die ricotta ... Die vis sou pas daar in die plaasdam gebyt het, die kweperlekkers flussies nog vrugte gewees het wat swaargeel in die heining vol vinke gehang het en die room sou daardie oggend nog die separator se hart laat klink-klink-klink- het ...
Emilia le Roux is een van die sewe kinders wat op Doornkraal se grond mens geword het. Sy en haar man, Francois Smuts, het hierdie boek geskryf vir elkeen wat hunker na die grond, en elkeen wat wil bak en brou soos in 'n plaaskombuis. Die boek is nie net 'n kookboek nie, maar ook 'n aardse selfhelpboek wat jou leer plant en natmaak en bemes en grootmaak en sorg. Dis 'n boek wat jou sal inspireer om weer mt die aarde kennis te maak en eenvoudig en sielvol te leef.
Bron : Waar vye nog soet is : van die werf na die spens en die tafel / Emilia le Roux & Francois Smuts