Sunday, June 26, 2011

Book of the Month July 2011



Tukkie-rugby by die millennium© 2000 / Prof. Flip van der Watt


Die Pretoria Centre of the Transvaal University College (TUC) is in Februarie 1908 gevestig. In daardie jaar het die kollege slegs vier dosente en 32 studente gehad. Die verkorte Afrikaanse naam van die kollege, TUK, het as Tuks en Tukkies bly voortbestaan nadat die kollege 'n volwaardige universiteit, die Universiteit van Pretoria, geword het. Tuks het oor die volgende nege dekades gegroei tot die grootste residensiële universiteit in die land. Dit bied die wydste spektrum van opleidingsrigings aan en het bekendheid as 'n tersiêre opleiding van besondere statuur verwerf.


'n Universiteit se opleiding en invloed is egter nie tot die akademiese terrein beperk nie. Sy gegradueerdes word die leiers op vele lewensterreine in die samelewing. Sy studente word gevorm deur die talryke situasies wat hulle in koshuise, verenigings en die algemene studentelewe ervaar. Dit is onmiskenbaar dat sportdeelname - as speler, aktiewe ondersteuner of selfs passiewe toeskouer - ook talle situasies skep wat 'n vormende invloed op die student het en tot voorbereiding vir volwaardige deelname in die volwasse gemeenskap bydra.


Rugby het oor die afgelope nege dekades 'n besondere belangrike plek aan die Universiteit geniet. Die deelname van die Universiteit se rugbyspanne aan die plaaslike ligakompetsies en intervarsities het grootskaalse belangstelling van studente, oudstudente, ouers en die plaaslike gemeenskap geniet. 'n Groot getal Tukkie-studente asook 'n aaantal dosente het provinsiale en nasionale kleure verwerf. Hierdie bydraes verdien erkenning, minstens deur die boekstawing daarvan.


Ek betuig graag my dank aan prof. Flip van der Watt wat hierdie boek op my versoek saamgestel het, sowel as aan die persone wat op welwillende wyse gegewens aan hom beskikbaar gestel het.


Johan van Zyl

Visekanselier en Rektor


Bron : Tukkie-rugby by die millennium© 2000 / Flip van der Watt