Tuesday, September 15, 2009

Book of the Month October 2009


Vrypas / Dot Serfontein
Op tagtig, verklaar Dot Serfontein, neem mens kennis van die ouderdom se bedryfsrisiko's - en neem dan vir lief daarmee dat selfs die Bybel stilbly oor wat na tagtig met mens gaan gebeur. Jy vertel van dinge waaroor jy vroeër geswyg het en jy swyg oor dinge waarvan jy vroeër vertel het - want as jy dié mylpaal oorgesteek het, het jy die vrypas om te maak soos jy wil, sonder dat dit teen jou aangeteken staan.
Teen die agtergrond van agt dekades se sosiale, politieke en ekonomiese gebeure ( van die letsels van die Anglo-Boereoorlog, die 1914 Rebellie en die Groot Depressie, tot die verkiesing van 1948, apartheidsidealisme en die "politieke kapitulasie" van die negentigerjare) projekteer Dot Serfontein hier die gesins- en familiebande wat haar lewe as Vrystaatse Afrikaner gevorm het. Die leser leer ken 'n individu wat elke lewensfase met geesdrif en vurigheid aanpak en nie terugdeins om die tradisie van tyd tot tyd met 'n bietjie waagmoed en 'n porsie oorgeërfde stroomopgeit uit te daag nie.
"As ons spense vol is van wat vir ons van waarde is, kan ons harte oor brakplekke spring ; as ons niks anders kan doen nie, lag ons net saam"
Bron: Vrypas deur Dot Serfontein uitgegee deur Protea Boekhuis 2009