Tuesday, April 9, 2013

Book of the Month April 2013



David Kramer : 'n biografie / Mathilda Slabbert & Dawid de Villiers





Wie is die man agter die rooi vellies en die blink kitaar? David Kramer se bekendheid strek wyer asdie Karoo se vlaktes. Hy het volksbesig geword danksy sy wegholtreffers in die tagtigerjare en sy verskyning in etlike Volkswagen-advertensies. 'n dekade later bring sy musiekblyspele saam met Taliep Petersen internasionale roem met vertonings op die West End en Broadway.


Ten spyte van "almal se pel" -persona, is Kramer egter 'n hoogs private mens. Dié biografie onthul die fyn waarnemer en intellektureel, die man wat kan toor met Afrikaans en die rustelose kunstenaar wat gedurig smag na nuwe uitdagings. Dit verklap ook waarom hy vir 'n tyd lank sy rooi velskoene opgehang het.

Iets oor die skrywers :

Mathilda Slabbert doseer Engels aan die Universiteit van Stellenbosch en het in 2010 haar post-doktorale navorsing oor David Kramer se werk voltooi. Sy het al oor uiteenlopende onderwerpe artikels gepubliseer, onder meeer oor die eko-kritiek, mites en oor lewensbeskrywing. Sy woon op Bettysbaai.

Dawid de Villiers is 'n dosent by die departement Engels aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy spits hom hoofsaaklik toe op Amerikaanse literatuur, maar het ook artikels oor Suid-Afrikaanse musiek en rolprente gepubliseer. Hy stel tans veral belang in literatuur met die see as tema. Hoewel hy gebore is in Amsterdam, het hy grootgeword in Wellington waar hy steeds woon saam met René en hul seun, Lukas. van tyd tot tyd maak hy musiek saam met sy band.

Bron : David Kramer : 'n biografie © 2011 / Mathilda Slabbert en Dawid de Villiers.