'n Tikkie rooibos [edited by Gerda de Wet & Daleen van der Merwe]
Hierdie versameling uitsoekresepte, wat deur sommige van ons
land se bekendste sjefs geskep is, weerspieƫl die beste van
Suid-Afrika se kookkums. Die goue draad wat deur die boek
loop, is Rooibos - die wonderbestanddeel wat 'n gewone resep in
'n buitengewone een kan omtower.
Ervaar die merkwaardige verhaal van Rooibos. Ervaar die
ongelooflike geskenk van Rooibos deur meer as 100 resepte van 14
van Suid-Afrika se bekendste sjefs wat Rooibos as bestanddeel
gebruik om die geur in kos uit te bring, kleur en diepte by te
voeg, en gewone geregte in onvergeetlike disse te omskep.
Hierdie resepte wys jou hoe om uitsonderlike disse, drankies
en lekkernye te herskep met 'n eg Suid-Afrikaanse bestanddeel -
Rooibos.
Die kookboek is die resultaat van 'n jaar se werk agter die
skerms om aan jou die beste van ons land se unieke kookkuns te
bied.
Bron: [Gerda de Wet & Daleen van der Merwe redakteurs] 2009, 'n Tikkie rooibos, Rooibos Ltd., Clanwilliam
Thursday, May 31, 2012
Book of the Month June 2012
Hierdie boek is die resultaat van 'n behoefte om hulde te bring aan die Boesmans van die Kalahari asook, om stories uit my bewaringslewe oor te vertel aan vriende en families. Dit gee die boek 'n styl van "bedstories met slapenstyd" wat ek vir my kinders sou vertel het wanneer ek van die veld af teruggekom het.. As navorser moes ek ook die unieke wetenskaplike geheime wat in die Kalahari opgesluit is , probeer ontrafel. Verder moet ek aan die leser verduidelik onder watter uniek toestande die Boesmans aan die suidpunt van Afrika oorleef het. Die faktore wat bygedra het dat ek die voorreg gehad het om in die Kalahari navorsing te kon doen kan byvoorbeeld nie verduidelik word sonder die geskiedkundige agtergrond van die gebied nie.Ek moes gevolglik 'n keuse uitoefen in watter styl die boek geskryf word? Ek het die goue middeweg gekies om die wetenskap as doek te gebruik waarop ek my stories kon skets. Ek het sover moontlik die omgewing waarin die Boesmans in harmonie geleef het probeer skets. Die lywige lyste van dier- en plantsoorte agter in die boek sal voornemende besoekers aan die Kalahari in staat stel om goed voorbereid te wees wanneer hulle die gebied besoek. Ek deel my wedervaringe en heimweƫ as 'n "baie lang kampvuurstorie" met jou uit my wetenskaplike pen.
Lekker lees.
Fritz Eloff
April 2012 Bron : Eloff, Fritz (in samewerking met Kobus du Toit) 2012, : Kinders van die duine : die lewe en omgewing van die Kalahari Boesman van weleer, Kejafa, Krugersdorp.
Subscribe to:
Posts (Atom)